Onverwagse Bedenkinge

Wanneer mens ‘n sekere ouderdom bereik, min of meer in die area van vyf-en-twintig. blyk dit dat al jou vorige liefdesvertwistinge hulleself tot die huwelik oorgee.

Daar bestaan ‘n amper weeklikse stroom bekendstellings in die sosiale rubrieke van plaaslike koerante waar jy die bruid se naam herken en vlugtelik herinner word aan ‘n aand. ‘n naweek of ‘n oomblik gedeel. Hierdie huimwee raak dan deel van jou bestaan op hierdie gegewe tydstip in jou lewe. ‘n Ou gewoonte, en dan… Dan sien jy Haar naam eendag, netjies gedruk op die bladsy, langs die naam van ene Pieter so-en-so.

Dit is die tipe gebeurtelikheid wat mens soms kan dryf tot heroorweging van jou lewensbesluite, jou wellustige bestaan te betwyfel, of selfs dalk, om die steekpyn te ervaar wanneer jy weet dat dit wat jy eintlik nog altyd geglo het sal uitwerk, nou nooit kan nie…


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *