Jy het daar gestaan met jou vriendinne in die shop,
as ek terugdink wonder ek wat het ooit van ons geword?
Ek was nuut in hierdie dorp, die seun met die hartseer oë,
ek was nie reg om op te gee nie, nie reg vir jou nie,
soos ek terugkyk op daardie aande;
die motorfiets se sitplek, die vuur op die horison,
ek voel die hitte, ek sien die lig.
ek sien jou lyf in my arms gevou,
ek mis die aande saam met jou
en die verlange knou my nou.
Ons jaag die skadus deur daai winternag
deur die strate van die hoëveld
en vir ‘n oomblik was ek vry
en die rede was dalk jy.
Ek gooi jou weg met jou verspotte hart,
want ek is stukkend, selfsugtig, nog nie reg vir dit!
En ek voel steeds die messteek regdeur my hart,
jy hardloop weg en ek kyk net hoe jy gaan.
Jy was so seer en ek so kwaad.
Ek moes daar en dan omdraai en jou keer,
maar jy moes jouself net seker red.
Al wat ek gesoek het was toe eintlik jy,
jy was so baie kere daar vir my.
Praat van die verkeerde tyd met die regte vrou
Ons jaag die skadus deur daai winternag
deur die strate van die hoëveld
en vir ‘n oomblik was ek vry
en die rede was wel jy.
Die storm breek om my weg en ek sien dit nou,
in my drome jaag ek steeds jou gesig.
My warboel meisie, ek staan nou hier;
sweet op my vel,
hierdie liefde brand in my hart,
so warm soos daai wintervuur.
Ek staan hier en ek weet ek is te laat.
Jou hartseer pyn was als my skuld,
net soos die messsteek deur my hart
as jy weghardloop, vinnig, ver van my.
Ons jaag die skadus deur daai winternag
deur die strate van die hoëveld
en vir ‘n oomblik was ek vry
en die rede was altyd jy.
Leave a Reply