Sê net iets

Sê net iets, ek gee nou op, op jou.
Ek sou die een wees as jy net wou,
sou jou volg orals waar jy sou gaan.
Sê net iets want ek gee nou op, op jou
en ek voel nou so klein, dit was al’s oor my kop
en ek weet nou eers hoe min ek werklik weet.
ek sal struikel en val want ek leer nou hoe liefde werk,
soos ‘n tenger jong baba leer ek nou eers hoe om te kruip.

Sê nou iets voor ek net opgee op jou.
Ek’s jammer ek het probeer deurdring na jou,
ek sou jou volg orals waar jy sou gaan.
Sê net iets want ek gee nou op, op jou
en ek sluk nou my trots, jy’s die enigste een vir my
en nou moet ek groet, ek moet gaan,
met een laaste kyk, weet ek dat jy altyd sal bly,
in my hart en my siel, in my diepste honger dors.


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *