om middernag

en dit begin..
êrens om middernag,
of daar rond, toe ek myself verloor
vir ‘n oomblik of twee…

en jy staan in die skemer lig,
daar speel ‘n song op die radio,
die klavier ‘n melankoliese klankbaan vir jou lag,
in die swart rok wat jy dra onthou ek,
ek het haar tog lank laas gesien…

en ek sien haar loer…
sy lag en sy dans en sy draai en sy maai,
hou haar drankie voor haar uit soos ‘n skild.
Skielik stop tyd om my soos sy stop en vra hoe dit met my gaan.
die parfuum hang ‘n wolk om haar
en ek onthou, haar nakend in my arms toegevou…

en so bars die damme in my hart,
en my emosies spoel oor die walle,
en al die herineringe stroom soos golwe in my kop
van die krul van ons lywe soos twee sirkels van ‘n agt gevou
en ek voel hopeloos, en huisloos en verlore in die waas van die wyn

en sy loop uit
met iemand wat ek nie ken
maar sy maak seker ek sien haar, sy kyk regdeur my
soos sy by die deur uitlstap
die bloed begin te kook in my are en my maag draai in knope.
My vriende vra my wat makeer, “jy lyk of jy ‘n spook gesien het”

en ek loop
onder die straatligte
te dronk om te besef hoe almal my agterna staar
ek gee nie om hoe ek lyk nie
die wêreld val om my uitmekaar…

ek moet haar sien
al weet ak dat dit my in die middel deur sal skeur
ek moet haar sien


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *