Dit is my vagevuur eintlik. Ete, drankies… Watookal. Stel nooit regtig soveel belang nie. Maar ek vang myself nogsteeds besig om haar te vertel hoe pragtog sy is… Want dit is waar. Alle vroue is… in die een of ander manier. Daar is altyd iets beeldskoon aan elke blerrie een van julle; Daar’s ‘n glimlag, ‘n kurwe, ‘n geheim… Julle dames is werklik die mees wonderlikste kreature… My lewe se werk. Maar dan is daar die volgende oggend. ‘n Babelas en die besef dat ek nie heeltemal so beskikbaar is as wat ek die vorige aand gedink het nie. Dan’s sy weg en by my spook die herinnering van nog ‘n pad wat ek nie geneem het nie…
Leave a Reply