TV Herstelwerk

“Danger! Do Not Open! Contains No User Servicable Parts” lees die cover op my stukkende TV…
Hoe van pas dan daarde woorde, dat die waarskuwing ewe van toepassing is op my gebroke self?
Dat my siel en my TV, my TV en my siel, saam so sou deelhê in hul puin,
die ruine wat hul, hulself in bevind en daardie eenvoudige gedeelde waarheid?
Dat niemand moet of kan of wil hoegenaamdn enige een van hul regmaak nie, weer laat nutvind nie?
Is dit dan maar so dat hierdie twee sal in hope moet lê en gelaat word?
Want die waarskuwing lees in rooi op wit dat dit is hoe dit is en moet bly…
Tog maak ek toe die ding wel oop om die gebroke deel te soek
en vind dan dat om dit reg te maak moes ek net bereid wees om die waarskuwing te verontagsaam…
Nou werk my TV weer ten spyte van ‘n kenner se kundige waarskuwing tot die teendeel.
Mag dit nie dan dalk dui dat daar dog wel hoop is dat iemand die waarskuwing op my mag minag met dieselfde gevolg nie?
Kan ek nie dan dalk ook reggemaak word nie?


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *