Lewis Caroll het gesê; “In the end, we only regret the chances we didn’t take, the relationships we were afraid to have, and the decisions we waiter too long to make.” en daardie laaste sin speel al vir hoe lank oor-en-oor in my gedagtes af.
Ten spyte van al die pyn wat ek ervaar het sou ek nie ‘n enkele oomblik van my verlede verander as dit sou beteken het dat ek jou nooit gevind het nie en as ek kon teruggaan in tyd sou ek nie daardie aand met jou uitveë nie, ek sou dit weer oordoen sodat ek dit twee keer kon onthou, en dan dit oor-en-oor terugspeel in my gedagtes, vir altyd ‘n plekkie waar niemand die herinnering kan wegvat van my af nie.
Dit is seker maar net wat ek doen, raak verlief op die onverkryglike, die son, die maan, jou, en wanneer ek sê; “Ek is lief vir jou,” is dit nie omdat ek jou soek nie of omdat ek jou nie kan hê nie, dit het niks met my te doen nie. Ek is lief vir wie jy is, wat jy doen en hoe jy probeer. Ek het jou vriendelikheid, jou deernis en jou brandende-mag gesien. Ek het die beste en die slegste van jou gesien en ek verstaan met perfekte duidelikheid presies wat jy is; Jy is een hel van ‘n mens.
Leave a Reply