Ekstrak uit "Fok"

Fok…

Dit is nogal partymaal heel belaglik hoe een klein dingetjie alles omver kan gooi, net wanneer jy dink jy werk uiteindelik in die rigting waarna jy al vir jare streef, dan kan die kleinste dinggetjie onverwags alles omver gooi.

Dit is nie noodwendig altyd iemand se skuld nie, soms is dit net hoe die noodlot dit beskoor, maar dit kan ‘n mens so vreeslik breek, soveel pyn veroorsaak, soveel seer en teleurstelling dat jy voel dat jy net wil opgee, alles los en net probeer om aanvaarding te vind in die mislukking omdat om nog verder aan te hou jou net verder gaan vernietig.

Die ironie is, dit is in tye soos hierdie wat jy juis nie moet opgee nie, die jare se werk, strewe en wens vir die uitkoms wat jy gesoek het kan juis nie verniet wees nie, alles wat jy opgeoffer het om so ver te kom soos wat jy het, het jy opgeoffer met die wete dat jy werk na hierdie doelwit toe en om nou weg te stap jou meer sal kos as dit wat jy reeds gegee het want dit wat dit jou kan kos, is daardie juiste toekoms waarna jy so hard gewerk het in die eerste plek.

Die hartseer, pyn en seer is net tydelik, jy was al hier, hierdie was nie die eerste terugslag nie, maar wat jy gedoen het na die vorige terugslae was om te leer, om jou aanslag te verander en te doen wat nodig is want jy weet, jy weet diep in jou siel, dat dit wat jy soek binne jou bereik is, al moet jy net bietjie geduldig wees.

Hierrdie week het dit weer gebeur, nadat ek myself toegelaat het om te hoop, om te glo dat ek uitendelik daar is, het dit alles inmekaar gestort in net een oomblik en in daardie oomblik was ek verlore. Stukkend en seer, maar wat ek besef het is daar was ‘n oorsaak, ‘n onderliggende probleem en eerder as om al die goed wat kan kom van die doelwit weg te gooi, moet ek eerder kyk hoe hierdie terugslag verander kan word in ‘n positiewe, hoe ek dit kan gebruik om die doelwit soveel beter te maak, die bestemming te bereik met elke moontlike uitdaging wat kan voorkom reeds uit die weg geruim.

Dus forseer ek myself om nie op te tree op die seer nie, om nie terug te trek nie, om nie weer terug in die veilige in te verval nie maar om my arms uit te steek en te gryp na dit wat ek begeer, al vir soveel jare, al kos dit my, my saligheid, al kos dit my seer en hartseer en woede, want as dit die prys is wat ek moet betaal vir daardie uitendelike geluk betaal ek dit met liefde, gee ek die res van my siel net so oor en spring ek met albei voete weer in die vagevuur om te bekom wat ek werklik nodig het.

Ekstrak uit "Fok"


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *