Ekstrak uit "Twis tot Oorlog"

Twis tot Oorlog

Hy het nie baie gepraat nie, veral nie oor sy verlede nie en meeste mense kon net wonder waar kom die ys agter sy oë vandaan.

Baie sou hom as harteloos beskryf net oor hoe hy voorgekom het, maar hy is nie, nie eintlik nie, hy het net so baie van homself gegee vir die voor wie hy omgegee het dat dit hom bietjie leeg gelos het. Hy was kwaad vir die wêreld, soos wat die meeste van ons maar is, hy het familie en vriende verloor, van sy minnaars het hy gebreek en meer van hulle het hom gebreek.

Hy het nie gereeld geglimlag nie maar wanneer hy het kon jy sien dat hy ‘n man was wat donker moes eet om te oorleef. Hy het nooit ‘n traan gepik nie, wel, nie een wat enige iemand kon sien nie, maar binne in hom was ‘n woedende storm en net hy wat vasklou aan die herinneringe van wie hy was, asof ‘n reddingsboei wat kan keer dat hy verdrink.

Werk, wel, werk is ‘n tydelike afleiding, ‘n toevlug vanuit die storms wat binne in hom woed.

So het hy die swaard geword wat versuim het om hom te dood, hy het die donkerte gesien en die donkerte hom, mekaar opgesize en dit is die donkerte wat sal bewe met die aanhoor van sy naam.

Ekstrak uit "Twis tot Oorlog"


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *