Daardie dag het my hart aanhou klop, joune het nie en ek, ek sal seker nooit weet hoekom nie…
So wat het ek geleer? Hierdie is die deel waar ek veronderstel is om iets diep te sê, een van die heelal se waarhede te ontbloot, maar fok dit, die wêreld is ‘n fokken wrede stuk kak en niks maak sin nie, so al wat jy kan doen is om vir die wêreld jou middelvinger te wys en te skree; “Fok jou wêreld!”
Omdat die noodlot dit so bepaal het, gaan ek nou maar aanhou met lewe en ek gaan amazing wees, ten spyte van al die wêreld se kak. Ek sal my graad kry in oorlewing, ek gaan ‘n boek skryf en ek gaan werk om die wêreld ‘n mooier plek te maak. Ek gaan waarksynlik uitgaan met ‘n paar oulike vrouens, miskien trou met een of twee van hulle en dalk, net dalk, op die aande waneer dit stil raak, sal ek hulle vertel van jou, van wat kon gewees het, van wat jy vir my beteken en hoe ek elke dag nog aan jou dink, in daardie oomblike gaan ek onthou wat dit beteken om werklik lief te hê, dat niks, met niemand, ooit weer dieselfde sal wees nie en ek, ek sal seker nooit weet hoekom nie…
Leave a Reply