Soms raak my lewe ‘n doellose dwaal deur die donker strate van my eie siel, die pad plavei deur my eie besluite. Die waarheid wat dan deurdring is die onvermydelike besef dat ek verdien om stukkend te wees.
Die onvermydelike uiteinde van dieselfde klomp stappe wat ek al soveel male van tevore geneem het. Dit begin met die besef dat ek nie oukei is nie, dat die medikasie nie meer genoeg is nie, nie meer werk nie…
…dan kom die dokters… sielkundige… psigiater… Ons probeer om die dosis te varieër, nuwe pille en dan, na so paar weke se gestoei kry ons iets wat net goed genoeg werk dat ek nie onmiddelik my polse wil afkou nie, koop ek nog ‘n paar maande voor dit alles weer herhaal…
Alexandre Dumas het gesê:
Life is a storm, my young friend. You will bask in the sunlight one moment, be shattered on the rocks the next. What makes you a man is what you do when that storm comes. You must look into that storm and shout as you did in Rome. Do your worst, for I will do mine! Then the fates will know you as we know you.
En my fok, daardie paar maande is wanneer Dumas se woorde sinmaak… Dit is wanneer ek lewe, wanneer ek asemhaal, wanneer ek ‘n smaak kry van wat dit was om manies te wees, die godelike gevoel van onoorwinbaarheid, wanneer ek voel asof ek tot alles in staat is en alles wat ek probeer doen net werk.
Om te lewe met my eie spesiale kombinasie neurologiese afwykings… Bietjie bipolêr, bietjie ADHD en so sprinkelinkie megalomanie, getemper met ‘n titseltjie bedrieër-sindroom… Wel, dit is interessant.
Dit is die aande, wanneer die dorp stilraak om my en ek uit afleidings uit gehardloop het, wanneer my werk op datum is, my take en eksamens in is en ek nie meer speletjies oorhet om te speel nie wanner daardie brein wat almal so magies aantreklik vind my bedrieg, wanneer my introspektiewe natuur my dwing om te tob oor die realiteite van die wêreld waarin ek lewe… Ongelukkig was ek nog nooit goed daarmee om te aanvaar wat ek nie mee saamstem nie en dan, dan ontwikkel ek planne en idees. Dan verander ek die wêreld in my gedagtes om te wees soos wat ek hom wil hê, en dan, dan vind ek myself, elke keer, in daardie fantasie-wêreld waarna ek smag, langs jou.
My siel hinker en my liggaam smag en ek besef dat niks wat ek vermagtig of doen ooit genoeg sal wees as ek dit nie met jou kan deel nie, daardie besef, gepaard met die jare-lange mislukte pogings om jou myne te maak, dit verander die polsende bloed en passie en hitte na ys, en dan… dan begin ons seker maar die bose kringloop weer van voor…
Leave a Reply