Author: buff0k

  • Jy is Kuns

    Ek verbeel my lewe sonder jou en alles daar stort ineen.Ek verbeel my jy’t verlang, net vir ‘n ruk.Ek verbeel my jy voel alleen want die liefde breek net jou hart.So ek trek my aan met ‘n leë glimlag wat niemand hier oortuig.Ek droom maar net oor droom van jou en in my onderbewussynin die…

  • Die spook

    Die pyn wat gevolg het, vir die res van sy lewe sou volg, is glad nie soos die pyn wat hom daardie dag teen die boom laat beland het nie; daardie pyn was lawaaierig, warm, dit het gepols deur sy are. Hierdie is stil en stewig en al wat dit doen is om hom te…

  • Soms is hoop nodiger as ooit tevore

    Daar kom ‘n tyd wanneer elke lewe van die baan afwyk. In hierdie desperate oomblik moet jy jou rigting kies. Gaan jy baklei om op die padjie te bly en ander toelaat om vir jou te vertel wie jy is? Of gaan jy dit vir jouself bepaal? Sal jy jouself roem toedoen deur jou keuse?…

  • Die onverkrygbare

    Die onverkrygbare

    Om dit waarna jy smag te versoen met dit waartoe jy in staat is, is die enkele hel wat ek my eie moet noem.Ek weet presies wat ek wil hê. Almal wat my werklik ken, weet net so goed soos ek wat dit is, wie sy is… Maar sy wie ek wil hê, wil my…

  • Die storm in die hart van die son…

    Die storm in die hart van die son…

    “Vra jy my nou oor liefde?” Bouwer grinnik ligweg in afkeur oor die onderwerp, mompel daarna, amper onhoorbaar; “lagwekked…”Hy staar in die verte oor die tonele wat by die motorvenster verbyflits die skielike stilte in die kajuit trek vir wat voel soos ‘n ewigheid, sy vingers trek so styf vas om die stuurwiel dat die wit…

  • Onverwagse Bedenkinge

    Wanneer mens ‘n sekere ouderdom bereik, min of meer in die area van vyf-en-twintig. blyk dit dat al jou vorige liefdesvertwistinge hulleself tot die huwelik oorgee. Daar bestaan ‘n amper weeklikse stroom bekendstellings in die sosiale rubrieke van plaaslike koerante waar jy die bruid se naam herken en vlugtelik herinner word aan ‘n aand. ‘n…

  • Nuwe Hoop (‘n Alternatiewe slothoofstuk?)

    Dit het my so lank geneem om die waarheid te sien. Die waarheid wat ek so doeltreffend vir myself verskuil het, versteek het agter hindernisse wat ek vir myself geskep het. Ek het uiteindelik gevind wat ek nodig gehad het om die klappe van my oe te verwyder. Om dit waartoe ek myself blind gehou het…

  • Verkragting van die siel

    Verkragting van die siel

    Die absurditeit van die alleenheid, die doellose dwaal van ellende en die valse maskers van verduistering en verwarring om die verbeelde veiand veilig buite bereik te hou het reeds so verstrengeld deel van die self geword dat die verwronge mispersepsies onherroeplik realitiet is. Deur magtelose pogings tot redding, daadwerklik sonder nut of vooruitsig van sukses…

  • Selfverdriet verdien…

    –Ek het oorspronklik hierdie stuk herroep omdat iemand dit versoek het, onlangse ontwikkelinge het my daardie besluit laat heroorweeg, asook om sekere dele te herverwerk om ‘n meer dramatiese effek te bied in die konteks van die gebeurtelikheid wat beskryf word en die daaruitspruitende karakterontwikkeling– Ek stap by die kantoor uit, elke deel van my…

  • Soggens

    Soggens

    –Oorspronklik bedoel as ‘n slothoofstuk, het ek besef dat die karakterontwikkeling wat nodig is om die protagonis af te rond nie kan eindig met die verlange wat ek as mens nie meer voel nie– Vanaand weer, soos elke ander aand sedert ek en Lizbeth terug is van Tanzanië af, spook jy weer in my drome.…