Category: Veldbrande

  • Een Duisend Plekke Tussenin

    Een Duisend Plekke Tussenin

    Daar is eintlik net twee punte in al die heelal wat saakmaak, dit is die plek waar jy is, en die plek waar jy wil wees. Sommige mense is bitterlik gelukkig en altwee hierdie plekke is dieselfde plek, en op hulle is ek bitterlik jaloers, maar vir ander mense is daar net een of twee…

  • Ek Moes

    Ek Moes

    Ek het ophou probeer om jou te laat verstaan hoe seer dit is, hoeveel dit saak maak en hoeveel dit my breek want ek moes besef dat daar net nie genoeg woorde bestaan om jou te laat verstaan watter pyn jy veroorsaak wanneer jy nie eers weet dat jy dit doen nie. Om heel te…

  • Twee-uur Vanoggend

    Twee-uur Vanoggend

    Om twee-uur vanoggend het ek wakker-geword, alleen in my bed, gehoor hoe ‘n kar oor die gruis oprit buite my venster ry en tot stilstand kom… Een deur het oopgegaan… Een deur het toegegaan en ek het gehoop dit was jy… Ek weet dit is onregverdig, onmoontlik en ek weet dit is waarskynlik net my…

  • Eergister

    Eergister

    Eergister was ‘n goeie dag, ‘n pragtige dag, ‘n dag waarin jy was en ons net onsself kon wees en by verre die tweede beste dag wat ek hierdie jaar gehad het… Vrydag-middag kon ek voel hoe die wêreld op jou druk, jou in die grond in probeer trap en ek kon die seer in…

  • Kosmos en Paardebloem

    Kosmos en Paardebloem

    Soos wat die laat-somer reën val oor die hoëveld met meulende strome wat die steenkoolstof van die pad af spoel, draai my oë na die kleure wat ple-plek vir my loer vanuit die deurweekde veld. Die wit en pienk en pers van Kosmos, die donsige wit van Paardebloem, ‘n dissel wat hier-en-daar, donkerpers vertoon en…

  • Is dit rerig lewe??

    Is dit rerig lewe??

    Daar is meer as een manier om dood te gaan, partykeer hou jou hart aan klop maar jou siel, jou siel kan nie meer nie en dit is wat dit is, die waarheid, dit is die dood in die aaklige, pynvolle manier waar jy net nie meer wil nie. Die oorsaak daarvan wissel soms, vir…

  • Steeds die monster…

    Steeds die monster…

    Haat is ‘n baie sterk woord, of so sê hulle, maar dit is nie sterk genoeg nie. Dit begin nie eers om te beskryf hoe dit brand binne in my nie. ‘n Brandende, skreuende gedierte vol woede wat net die hele wêreld wil afbrand. Dit is maklik om te sê dit is “hy is nie…

  • Lank te lank

    Lank te lank

    Jou asem snak, jou bors styg op, ‘n traan gly oor jou wang,oor jou lippe speel die glimlag waarmee jy my kon vang.Ek voel jou lippe op my vel, jou hart wat blitsig klop,ek speel en vleg my vingers, deur die hare op jou kop. O myndorpnooi my meisiekind met lente in jou oë,as jy…

  • is ek reg?

    Daar’s hoop, dit wapper in die wind, so smeulend in verlossing,tol om-en-om, brand helder-blink, verblind vir eers my oë,trek my dan nader, so betowerend, so hipnoties,ek is vasgevang, ek is geregverdig en selfsugtig en verkeerd. Soos die diamant daar in jou ring,die snit weerspieël jou intentsies;veels te groot en blink, oorweldigend, lewer my so geisoleerd,…

  • Ek was reg

    Ek was reg

    Ek was reg, dit was hy, die houvas wat hy steeds op jou siel het ten spyte van hoe sleg hy vir jou is, hoe sleg hy is, breek my hart. Om elf oor agt het jy erken wat ek reeds sedert Donderdag-aand vermoed het, dat die slang weer uit sy gat uitgeseil het om…