Die man wat wag

Ek gaan terug na die straathoek waar ek jou eers ontmoet het
waar ek sal uitkamp in die buitelug met ‘n boks vir ‘n bed.
Met woorde op ‘n ou stuk van ‘n boks
en sê vir die verbyganers; “Ek is op soek na hierdie vrou.”

Party mense wil my geld gee, hulle verstaan nie my plan
ek is nie broke nie, net ‘n gebroke hart in ‘n man.
Ek weet dit maak nie sin nie maar wat anders doen ek nou?
Hoe gaan ek aanbeweeg as ek steeds lief is vir jou?

Want eendag as jy opstaan en na my ook veralang
en jou hart begin wonder waar op aarde ek nog gaan
dink ek jy sal terugkom na waar ons eers ontmoet het
en daar sal jy my kry op die straathoek waar ek lê.

Die polisie sê vir my ek moet hierso weg gaan, ek moet loop of ry
en ek antwoord dat ek vir iemand daar wag, so lank as nodig sal ek net heir bly.
Ek moet my pos daar bekleë, kom maar wind, weer of sneeu
as sy haar besluit wil verander is dit waar jy my gaan kry.

Mense sal praaat oor die man wat wag vir die vrou
sonder gate in sy skoene maar ‘n krater in sy hart
en miskien raak ek beroemd as die man wat nie wou loop
en miskien sien jy my êrens op ‘n tv nuusflits
en kom jy na my gehardloop op die hoek waar ek wag.


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *