Ekstrak uit "Een Duisend Plekke Tussenin"

Een Duisend Plekke Tussenin

Daar is eintlik net twee punte in al die heelal wat saakmaak, dit is die plek waar jy is, en die plek waar jy wil wees.

Sommige mense is bitterlik gelukkig en altwee hierdie plekke is dieselfde plek, en op hulle is ek bitterlik jaloers, maar vir ander mense is daar net een of twee plekkies tussen waar hulle is en waar hulle wil wees, en hulle is al amper daar.

Vir sommige van ons, wel vir sommige van ons is daar ‘n duisend plekke tussenin waar ons wil wees en waar ons is en ons, ons is die mense wat verstaan dat ‘n plek nie altyd ‘n spesifieke stel ko-ordinate is nie, maar dat dit iets kan wees soos ‘n oomblik, ‘n glimlag, oë waarin jy jouself kan verdrink of net daardie spesiale iemand, die persoon vir wie die lang roete tussen waar jy is en waar jy wil wees, deur die een duisend plekke tussenin, die moeite werd is.

Ek weet nou dat jy die einde van my reis is.

Na ‘n leeftyd se gemisde afdraaie en verkeerde draaie weet ek dat wanneer ek by jou stop, ek uitendelik tuis sal wees. My lewenslange reistog sal eindig en my nuwe een begin met jou. Maar vir nou, eers moet ek nog reis, deur een duisend plekke tussenin.

Ekstrak uit "Een Duisend Plekke Tussenin"


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *