Ek het jou hier nodig!!!

Ek wag vir jou oproep, ek is siek, ek is leeg,
bel nou net dat ek jou stem kan hoor en weer kan leef.
Ek luister na die liedjie wat ek somtyds vir jou sing
in die kar, onthou jy dit, die kosmos blomme, vroeë winter,
die woorde, oor-en-oor, net soos wanneer ek jou sien.
Want ek is gemaak om jou lief te hê
en dink net hoe om jou myne te maak.
Bel my net vanaand.

Naak en skoon, ek is nuut, ek is heel,
ek voel weer so vol lewe, jy en ek, vlees tot vlees,
elke asem wat jy neem wanneer jy langs my sit
sal lewe bring aan my diepste hoop, wat is jou drome,
deel dit mee, dat ek kan weet en dit kan gee.
Want ek is gemaak om jou lief te hê
en ek sal altyd hier wees, as jy wou.
Praat met my vanaand.

Ek is moeg vir die alleenheid in my kop,
hierdie leemte maak my lus om huistoe te kom
want waar jy is, is waar my huis is.
Ek weet goed, alles wat jy soek is nie nou wat jy het nie,
maar ek weet ek kan dit gee en vir jou leef.
Want ek is gemaak om jou lief te hê
en ek sal alles gee om jou myne te maak.
Kom wees met my vanaand.


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *