Soms is hoop nodiger as ooit tevore

Daar kom ‘n tyd wanneer elke lewe van die baan afwyk. In hierdie desperate oomblik moet jy jou rigting kies. Gaan jy baklei om op die padjie te bly en ander toelaat om vir jou te vertel wie jy is? Of gaan jy dit vir jouself bepaal? Sal jy jouself roem toedoen deur jou keuse? Of sal jy jou nuwe baan kies? Elke oggend moet jy kies om aan te gaan of om net op te gee. Soms is dit maklik om te voel dat jy die enigste persoon in die wereld is wat sukkel, wat frustreerd is of ontevrede is met net oorleef. Maar daardie gevoel is ‘n leuen en as jy net vasbyt, die moed kry om dit alles vir nog ‘n dag te trotseer sal iemand of iets dit regkry om dit alles oukei te maak. Ons almal kort soms so bietjie hulp, iemand om ons te help om die musiek in die wereld te hoor, om ons te herinner dat dit nie altyd so sal wees nie. Daardie iemand is daar buite, en daardie iemand sal jou vind. Dit is dalk nie vandag nie. Dit gebeur miskien eers oor tien jaar, of dalk, as jy regtig gelukkig is, het jy daardie persoon reeds gevind.


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *