Ekstrak uit "Icarus"

Icarus

Die storie van Icarus waarsku ons dat selfs wanneer jou drome waar word, sal daar iets meer wees wat jy begeer. Dit waarsku ons dat om dan te streef na daardie ekstra deel jou sal verbreek en dat jy dan alles sal verloor. Dit is die probleem met daardie storie, want alhoewel die doel is om te verseker dat ons nie te hoog probeer sweef nie, dat ons, ons intellek probeer gebruik om ons drome realisties te hou, kan daardie noue interpretasie egter jou drome inkamp, jou forseer om te klein te dink.

Ray Bradburry het gesê:

If we listened to our intellect we’d never have a love affair. We’d never have a friendship. We’d never go in business because we’d be cynical: “It’s gonna go wrong.” Or “She’s going to hurt me.” Or,”I’ve had a couple of bad love affairs, so therefore . . .” Well, that’s nonsense. You’re going to miss life. You’ve got to jump off the cliff all the time and build your wings on the way down.

Dit is dus meer idealisties om te dink aan dit wat jy staan om te verloor deur nie groot genoeg te droom nie en al gaan jy partykeer val, is dit belangrik om na die geheelbeeld te kyk, om te sien hoe alles inmekaar vlei, om die ironie raak te sien, soos wat Jessamyn West geskryf het;

A taste for irony has kept more hearts from breaking than a sense of humor, for it takes irony to appreciate the joke which is on oneself.

Elke keer wat ons planne maak om die ding te doen, en die wiele afval, dan kies ek om by jou te bly, en sover, nog elke keer, het ek dit oorleef, al het dit gevoel asof die wêreld om my uitmekaar skeur, asof ek doelloos dwaal in die ruine van my eie besluite, was jy daar om my weer hoop te gee, het ek my vlerke gebou soos ek val en het ek gelag vir die grap wat ek self is.

Nog nooit was jy die probleem nie, nog nooit het ek jou blammeer of beskuldig nie, nog nie een keer het ek vir jou kwaad geraak nie want jy is ‘n mens, jy is bang vir die val en jy het nie die vertroue in jouself dat jy jou vlerke kan bou terwyl jy val nie.

Eendag gaan alles reg val vir ons, en op daardie dag, soos Icarus, gaan jy hoër sweef as wat jy ooit besef het jy kan, maar meer belangrik as dit, sal ek daar wees om jou te vang as jy sou val.

Ekstrak uit "Icarus"


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *