Ekstrak uit "Is dit Rerig Lewe"

Is dit rerig lewe??

Daar is meer as een manier om dood te gaan, partykeer hou jou hart aan klop maar jou siel, jou siel kan nie meer nie en dit is wat dit is, die waarheid, dit is die dood in die aaklige, pynvolle manier waar jy net nie meer wil nie.

Die oorsaak daarvan wissel soms, vir elke mens is dit anders, daardie laaste sny wat jou menslikheid wegvat. Wat die hoop wat jy so versigtig gekoester het, aan die brand gehou het uitblaas soos ‘n vuurhoutjie, en dan, wat sal hulle dan van jou sê?

“Hy was anders, eens op ‘n tyd, baie lank gelede. Goedhartig, ja, ‘n held selfs, ‘n redder van mense maar, hy het verloor, iemand verloor, die pyn het hom vernietig… Hy verkies nou isolasie bo die moontlike terugkeur van daardie pyn…”

Nee, moet jouself nie terg nie, niemand sal dit ooit van jou sê nie want, as jy regtig goed genoeg was, as jy regtig die held was wat lewens gered het, mense gehelp het, dan sou een van hulle, net een fokken enkele een van hulle jou kon red…

Dit is nie lewe nie, dit is die dood van die siel en sonder die siel, wat is die punt van aangaan…

Ekstrak uit "Is dit Rerig Lewe"


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *