is ek reg?

Daar’s hoop, dit wapper in die wind, so smeulend in verlossing,
tol om-en-om, brand helder-blink, verblind vir eers my oë,
trek my dan nader, so betowerend, so hipnoties,
ek is vasgevang, ek is geregverdig en selfsugtig en verkeerd.

Soos die diamant daar in jou ring,
die snit weerspieël jou intentsies;
veels te groot en blink, oorweldigend, lewer my so geisoleerd, so…
gemotiveerd en ek is seker ek is reg ek sweer ek’s reg, sweer ek was nog altyd reg.

So laat lig, die hoeke van jou mond, maak hulle oop en teenaan my,
spoor die oomblik, val vir-ewig, verweer is papierdun
net een vat en ek is in, kan nie teen die stroom meer swem
en ek is vas oortuig ek is nie perfek nie maar ek word nou soveel beter
en ek sien nou in myself wat jy gesê het jy daar sien.


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *