Ekstrak uit "Jenever"

Jenever

Robert Burns het gesê

The best-laid plans of mice and men often go awry.

en my onlangse ervaringe is geneig om dit te beaam. Die probleem is dat die konteks waarin Burns dit gesê het normaalweg dui daarop dat dit sleg skeefloop, wat nie altyd so eenvoudig is nie.

Oënskynlik het dinge skeefgeloop maar daar is die versteekde prag in die chaos, daardie oomblike van onbeheerde en onbeplande geluk wat mens soms in die donker vind en dit kan al die verskil maak.

As ‘n voorbeeld, die plan was om ‘n Gin te drink en ‘n fliek te kyk, maar soms kry mens slegte nuus op die slegste moontlike tye en die ware toets van ‘n vriend is nie die een wat jou toelaat om jou planne te kanselleer en op jou eie jou slegte nuus te verwerk nie maar eerder die een wat dan die planne verander en seker maak dat jy veilig is terwyl jy al die drank in die wêreld probeer opdrink in een aand, wat jou sal vashou wanneer jy snak na asem omdat die ou seer weer opnuut opwoed binne jou en brandend oorborrel en dan sal seker maak dat jy ‘n glas water en ‘n Grandpa op jou bedkassie het vir wanneer jy wakker word.

Sure, dinge het toe glad nie uitgedraai soos wat beplan was nie, maar wat wel gebeur het is ‘n besonderse aand met aangename herinerringe en nuutgevonne vertroue in iemand vir wie jy altyd bang was en dit, op sy eie, is dalk nie genoeg om die seer wat daardie aand gedreig het om jou te verbrokkel uit te kanselleer nie, maar dit is dalk net genoeg van ‘n begin om jou te laat besef dat die wêreld nie so lelike plek is soos wat jy soms dink nie.

Ekstrak uit "Jenever"


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *