Jy Is Sterk…

Ons vertel vir iemand dat hulle “sterk” is wanneer hulle pyn vir ons ongerieflik is en ons eerder wens dat hulle sal stilbly en ons nie daarmee pla nie. Om te sê “maar jy is sterk” is om vir iemand te sê “ek dink nie dat moet voel soos wat jy voel nie,” en dit is nie ‘n kompliment nie. Ek dink nie dat om sterk te wees jou onkwesbaar maak nie. Die valse geloof dat stilte en stoiisme inherente goeie eienskappe is, is hoe jy opeindig met ‘n masker en ‘n krieketkolf in ‘n agterstraatjie erens besig om kriminele op te donder – dit is nie ‘n goeie padjie na emosionele welstand daardie nie.

Wees hartseer, wees kwaad, laat jou hart breek – in die restaurant, op iemand se bank, in die park, oppad dieretuin toe, tydens ontbyt, oor drankies, in die sielkundige se kantoor, op die bus, waarookal dit breek, laat dit heeltemal oopval, laat dit by jou uitstroom en afstroom en uitsprei in ‘n klam poel by jou voete. Sê, “Ek is jammer, ek kan nie vandag na jou luister nie, my hart is stukkend, sit asseblief by my en laat my toe om jou daarvan te vertel.” Sê, “Ek kan nie vandag na jou omsien nie maar jy kan so bietjie na my omsien, en dalk more sal ek weer na jou omsien en ons kan so uitruil vir ‘n rukkie.”

Sê, “Ek is lief vir jou en ek is gek daaroor dat jy dink dat ek sterk is, maar ek voel nie vandag lus om sterk te wees nie, ek voel lus om kwaad en mal en hartseer te wees. Kan ons na die flieks toe gaan of net heir sit in stilte of loop of praat daaroor of nie daaroor praat nie?” Jou vriende gaan dalk bang raak as jy hierdie doen, as jy, die “sterk” ene kan breek, wat betken dit vir hulle? Dit is hoekom hulle terugstoot teen jou en jou probeer herinner aan jou “sterkwees” wanneer wat jy regtig kort is vir hulle om by jou te staan in jou pyn en jou swakheid. Hulle hoef nie die pein op te los nie, hulle moet net getuienis wees van jou pyn. Miskien weet hulle nie hoe om dit te doen nie – baie mense weet nie wat om te doen wanneer hulle gekonfronteer word met iemand anders se pyn nie. Hulle wil dit regmaak en wanneer hulle dit nie kan regmaak nie voel hulle onvoldoende. As die “sterk” een kan jy hulle help deur om net te sê “Jy hoef dit nie reg te maak nie. Jy hoef niks te doen nie. Wees net by my en luister en hê my lief en ek sal jou terug liefhê. Dit is al wat ek nodig het, om te weet dat jy my liefhet, al is ek hartseer en bang en al weet ek nie wat om volgende te doen nie.”


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *