Lank te Lank

Lank te lank

Jou asem snak, jou bors styg op, ‘n traan gly oor jou wang,
oor jou lippe speel die glimlag waarmee jy my kon vang.
Ek voel jou lippe op my vel, jou hart wat blitsig klop,
ek speel en vleg my vingers, deur die hare op jou kop.

O myndorpnooi my meisiekind met lente in jou oë,
as jy vir my toe kon vertel, dan sou ek dit nie glo.
Dat jy vir my en ek vir jou en ons twee eintlik saam,
nog altyd werklik hier wou wees waar ons as een kan staan.

In my arms lê jy stil, waar jy nog altyd hoort,
na jare lange worstel weet ons soort soek altyd soort.
En al het dit lank, te lank gevat, om eind’lik hier te kom,
is ons altwee nou waar ons moes wees, ons lewens opgesom.

Lank te Lank


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *