Liefste Spatzi

Soos ek kyk na die sterre
en ek wonder waar jy is
stap-stap deur die donker
deur die grys ou mis
ek hoor jou roepstem
eggo uit die krans
o, ek mis jou
jou lyf wat in my drome dans

liefste spatzi
met jou hart so klein
waar in die wereld
het jy verdwyn
het daar iets gebeur
waarvan ek moet weet
het daar iets gebeur
waarvan ek liewer moet vergeet

daar was sneeu gewees
dit was koud en nat
kouer as die suide
van my boerehart
ons liefde het geskyn
soos ‘n vurk in die pad
terwyl die duiwel op my skouer
my steek-steek tart


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *