Dit het my so lank geneem om die waarheid te sien. Die waarheid wat ek so doeltreffend vir myself verskuil het, versteek het agter hindernisse wat ek vir myself geskep het.
Ek het uiteindelik gevind wat ek nodig gehad het om die klappe van my oe te verwyder. Om dit waartoe ek myself blind gehou het raak te sien.
Ek treur vir die verlies. Die verlies van ‘n eens groot deel van myself wat ek nou tot niet moet maak. Maar, terselfdetyd, verwelkom ek die vryheid wat die onverwyderbare deel van die verlies dog dan ook is.
Dit is ook dan waar, dat tesame met hierdie nuutgevonne vryheid, daar ‘n groot verantwoording is wat ek moet doen, soos met enige vryheid, die reperkussie van my besluit moet weeg aan die koste.
Die koste van die naajaag van dit wat ek soek, selfs nodig het, is dan die meerderheid van al my prestasies. Prestasies wat leeg en dor is wanneer dit gemeet word aan dit wat ek kan bereik, kan vermagtig.
‘n Deel van my sien hierdie prys as te hoog, maar daardie deel is besig om die stryd te verloor teen die res van my self, wat die risiko as die moeite werd begin sien. Namate meer en meer van die psige van die self die nuwe moontlike avontuur identifiseer as ‘n risiko wat die moeite werd is, voel ek ‘n element van verligting in my. Die gebeure van die afgelope jaar nie meer wat dit eens was nie, inteendeel, die verwikkelinge eerder sien as leeg en dor, die prestasies as sinneloos en betekenisloos, die enigste waarde daarvan dat dit my voor hierdie geleentheid gebring het. My voor hierdie besluit kom plaas het. Wat dan gemaak? Watter padjie gekies? Watter risiko om te neem? En watter prys om te betaal?
Ek reflekteer op die gesprek met Michelle, op die inherente opregtheid van haar advies, haar raad en mees belangrik, haar analise en weet wat ek moet doen, maar nie of ek gereed is om die kans te vat nie. Gelyktydig doodseker van die feit dat om dit nie te doen nie, grens aan selfmoord.
Leave a Reply