om te besef

Jy is lief vir grondpaaie, die reuk van die reën, en om stories te vertel aan die maan en sterre totdat die son opkom. Bietjie verspot wanneer dit by liefde kom maar ‘n sterk vrou wanneer dit kom by oorleef, jy kan uitmekaar geskeur word en steeds so heel voorkom. ‘n Godin, ‘n alleenloper, ‘n ou siel, en een wat lief was daarvoor om tussen die sterre te speel.

Jy het jou keuse gemaak, ek hoef dit nie teen jou te hou nie want die tyd sal leer. Die tyd sal leer of dit die regte besluit was. Die tyd sal leer hoe diep spyt kan sny en die tyd sal bepaal of jy verlossing daarvan sal vind. Ek het alles gedoen wat ek kan, ek het my hart ontbloot en jy het besluit dat dit nie goed genoeg was nie.

Nie almal weet hoe dit voel wanneer die persoon vir wie jy die hardste baklei het jou opgee sonder om eers te probeer nie en ongelukkig, in die meeste gevalle, vat die terugslag van daardie besluit jare om in te sink, maar sodra jy besef dat werklik, ware mense skaars is, wat ek vir jou bied en dat jy vir jouself jok wanneer jy maak asof jy dit nie weet nie, dan sal die realiteit jou tref soos ‘n hammer.

Alexandre Dumas het gesê:

All human wisdom is contained in these two words – Wait and Hope

Daardie woorde is waar, hoop, hoop is die grootste oorsaak van die diepste seer maar soms, soms is dit al wat mens het om aan vas te klou, om die donker in jou kop te verjaag en om die seer in jou hart te kontekstualiseer, die groot knal het gebeur, nêrens, uit niks uit nie en sonder rede, of dalk het God alles begin, wie weet, maar wat ek weet, wat ek weet sonder twyfel, ek gaan nie wag vir jou om te val nie, om seer te kry nie, ek is wie ek is en wie ek is is die man wat jy nodig het, ek sal hier wees wanneer jy die waarheid besef en ek, ek kan net hoop dit is nie te laat nie.


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *