Ek sny myself vanaand om te sien of ek kan voel,
ek fokus op die pyn, die alleen-waarheid hier.
Die lem skeer ‘n gat, die ou bekende pyn
om alles weg te neem, maar ek onthou dit al’s.
Wat het ek geword, hoe het dit gebeur?
Almal wat ek ken gaan aan en aan net weg!
Jy kon dit alles hê, my koningkryk van stof!
Ek stel jou net teleur, ek maak jou altyd seer.
Ek dra my kroon van niks bo-op my leuenaarstroon,
vol gebroke idees wat niemand kan herstel.
Onder tyd se waak verdwyn alles wat ek voel.
Jy is iemand anders en ek is steeds net hier.
As ek oor kon begin, miljoen myle weg van hier
sou ek myself steeds hou, ek sou ‘n manier vind.
My selfverwyt verdiend, my pyn my eie muur.
Ek wens jy was nog hier, ek wens soms ek was ook.
Leave a Reply