My hele lewe is gebou om die veronderstelling dat ek “Die Een” sou vind. Die besef dat sy nie bestaan nie skep in my ‘n leemte, ‘n diep sekerheid dat niks wat ek op hierdie aarde doen saakmaak nie en dit is die punt. Niks wat ons doen maak saak nie. Daar is geen groter plan nie, geen groter prentjie nie en geen groot wen nie. As daar nie ‘n glansryke einde in hierdie gemors van ‘n lewe is nie en niks wat ons doen maak saak nie, is al wat saakmaak dan juis wat ons doen want dit is al wat daar is; Dit wat ons doen, nou, vandag. Ek het vir so lank baklei vir verlossing van my skuld en vir belonings, net om daardie belonings by ander te vat. Van vandag af is al wat ek wil doen om ‘n beter ek te wees. Om die donker dieptes van my eie gedagtes te verken en om te leer om ten volle te lewe. Om balans te vind tussen my fisiese liggaam, my intellek en my gees. Ek wil help, ek wil ‘n mag vir goed wees. Ek wil help want ek dink nie mense moet ly soos wat hulle doen nie. Daar is geen groter bedoeling as die kleinste goeie daad nie. Dit is wonderlik om die wereld te red, maar dit is beter om die wereld lief te he.
Leave a Reply