“Vra jy my nou oor liefde?”
Bouwer grinnik ligweg in afkeur oor die onderwerp, mompel daarna, amper onhoorbaar; “lagwekked…”
Hy staar in die verte oor die tonele wat by die motorvenster verbyflits die skielike stilte in die kajuit trek vir wat voel soos ‘n ewigheid, sy vingers trek so styf vas om die stuurwiel dat die wit van sy kneukels duidelik sigbaar is deur die vel wat soos dromme styfspan daaroor, hy neem een diep asemhaling voordat hy antwoord:
“Liefde is… Pateties. Die onmoontlike, die onherroeplik onaangename, die hel vanself. Dit brand soos die storm in die hartjie van die son. Dit is soos vuur en ys en woede… Dit is onbeskryflik antiek en vir ewig… Dit brand in die middel van tyd self en neem die draai van die heelal waar… Dit is sonder skroom en is die enkel grootste ellende in hierdie heelal. En dit is… wonderlik… Dit lig die armsaligste siel tot onberykbare hoogtes en dit tem die wilde hart van die wrede wrokgevulde dier. Dit is die groot dryf in hierdie bestaan… Gelyktydig die grootste vyand en vriend van hoop… En heeltemal die moeite werd…”
Die vog wat in sy oë opswel word verskuil agter sy sonbril, en hy verval terug in die oneindigende stilte vir ‘n oomblik…
“Totdat jy dit self ervaar het, sal jy dit nooit kan verstaan nie, en wanneer jy het, sal jy besef dat jy dit nooit sal kan beskryf nie. Dit is nie die tipiese ek is lief vir jou kak wat mense kwytraak nie. Dit is die gevoel van totale verlatenheid wat jou geheel oorneem wanneer jy dit voel en nie kan uitoeffen nie. Dit is iets wat jy eenkeer sal voel en nooit sal vergeet nie. Ek sou dit beskryf as die wonderlikste gevoel op hierdie aarde met die duurste prys, en selfs met die prys so hoog soos die vernieteging van die self, is dit elke oomblik van hel werd…”
Sy kyk na hom agter die stuurwiel en vra hom; “Jy klink of jy weet…”
Hy wyk sy aandag nie van die horison af nie en mompel weer, half onder sy eie stem; “Te fokken goed”
Leave a Reply