2-uur Vanoggend

Twee-uur Vanoggend

Om twee-uur vanoggend het ek wakker-geword, alleen in my bed, gehoor hoe ‘n kar oor die gruis oprit buite my venster ry en tot stilstand kom…

Een deur het oopgegaan…

Een deur het toegegaan en ek het gehoop dit was jy…

Ek weet dit is onregverdig, onmoontlik en ek weet dit is waarskynlik net my eie selfsug, maar die idee dat jy om enige oomblik by my huis kon instap en langs my kom lê het my rustig laat voel…

Die besef dat dit nie gaan gebeur nie, wel, jy weet wat ek al gesê het oor hoop…

…hoop is ‘n bliksem…

2-uur Vanoggend


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *