Verlange

Ek dink aan jou as dit reën,
as die sonskyn en wolke weggaan.
Ek dink aan jou as dit aand is,
of dag is as ek weer opstaan.

Ek dink aan jou as ek uitgaan,
of aande alleen dan tuis bly.
Ek dink aan jou in my werkstyd,
of selfs as ek net huistoe ry.

Ek dink aan die tyd as ons saam was,
die dae en die nagte met jou.
Aan wat alles daar nog gaan wees,
soos ons nou ons lewe saam bou.

Ek weet nie waarom dit is nie,
hoekom jy in my denke bly dwaal.
Die warmte, passie en vrede,
wat nou altyd in my hart rondmaal.

Ek wil so graag wees waar jy nou is
om jou gesig in glimlag t’sien straal
en ek weet hoe ek nou alles sal gee
sodat ek jou nou kan kom haal.


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *