Ekstrak uit "Vir Jou, Vir Nou, Vir Altyd"

Vir Jou, vir nou, vir altyd

Dinge het nou weer glad nie uitgewerk soos wat ek wou gehad het nie, soos elke ander keer het ek alles om my afgebrand net om in die puin te staan en te besef dit was alles vir niks. Ek het een van daardie Facebook quotes gesien wat sê:

Then everything changed and I discovered that there’s more than one way to die, your heart can go on ticking, but sometimes that’s just for show.

Ek voel daardie woorde in die diepste dele van my siel, ek voel die verlange en hartseer en pyn soos ‘n woedende storm en dan, dan voel ek niks, stomp afgesny, leeg…

Ek het gedink ek sal die een ding kry wat ek soek, al vir so lank soek, en in die proses het ek nou niks nie. Het ek weggestoot wie saakmaak, het ek myself weer gebring tot op die rand van my eie ruine en wat gemaak nou?

Dit was nie hoe dit moes uitdraai nie, hierdie was nie hoe dit moes gebeur het nie, maar dit het, en nou moet ek werk met wat ek om my het, met dit wat oorbly.

Veldbrande maak woestyne en die woestyn van my hart word net daagliks groter. Ek is jammer vir al die onskuldige slagoffers wat ek elke keer in puin laat, maar as ek eerlik is, is ek jammer vir myself, soos ‘n stoute kind is my grootste hartseer vir myself, selfsulgtig en verkeerd.

Ten spyte van dit alles, ten spyte van hoe dit vir my voel asof jy die wêreld onder my uitgeruk het, ten spyte van die feit dat almal vir my sê ek moet vir jou kwaad wees, jou blammeer, kan ek nie, nie vir een oomblik nie. Nie vir jou nie want ek verstaan, ek verstaan wat dit is om jouself te beskerm ten koste van die geoeie mense in jou lewe en ek verstaan presies hoekom jy dit doen. Daarom kan ek jou nie vergewe vir wat jy gedoen het nie want jy het niks gedoen wat vergifnis verg nie.

Ek sal altyd hier wees, om jou te vang wanneer jy val, om jou hand te probeer gryp wanneer jy probeer weghardloop en om jou te herinner dat jy die moetie werd is wanneer die wêreld alles in sy mag doen om jou te oortuig dat jy nie is nie. Dat jy mag gelukkig wees en dat jy mag asemhaal. Respira

Ekstrak uit "Vir Jou, Vir Nou, Vir Altyd"


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *