Tag: veldbrande

  • Elegie

    Elegie

    Ek was so min-of-meer dertien jaar oud gewees, in daardie graad 7 klaskamer van juffrou Joubert. Ek sal altyd haar naam onthou want haar man was een van die skrywers van ‘n, op daardie stadium, revolitionêre vertaling van die calvinistiese Bybel en dit was opvallend want die gedig wat ons daardie dag gelees het in…

  • Laat daardie Dinsdag-aand

    Laat daardie Dinsdag-aand

    Vir soveel jare al was ek besig om te verdrink, die vrot, slyk-gevulde modder wat soos sement aangepak bind binne in my longe en ek, ek het dit nie eers besef nie. ‘n Lyk voel niks… Maar laat daardie Dinsdag-aand, in die gesteelde ure tussen alles en niks, het ek die soet lug geproe soos…

  • Letsels

    Die regte persoon op die verkeerde tyd kan alles verander. Al daardie jare gelede, om-en-om het ek getol in my eie chaos, selfsugtig, inherent skadelik vir almal om my, ek was giftig. Mense in ‘n self-destruktiewe tornado trek meer skadelike elemente aan soos dit die dakke van huise afruk. Slaap met een vriend se meisie,…

  • Eendag as ek groot is

    Eendag as ek groot is. Hoeveel keer het ons nie al daardie woorde gehoor nie, gesê nie. Eendag as ek groot is gaan ek… Wel, nou is ek groot en het ek? Dit is ‘n maklikke manier om jou drome te vertel aan iemand anders, om vir hulle te sê dit is wat ek wil…

  • Tussen Twaalf en Twee

    Soos elke aand oor die afgelope weke lê ek alleen in my bed, in die ure tussen twaalf en twee, waar ek wakker geword het, ‘n paar keer eintlik “wakker” geword het want die nag terreure is terug. Hulle was vir lank redelik stil gewees maar die ontsuimighede binne my oor die laaste paar weke…

  • Veldbrande

    Veldbrande

    Hoe romanties dan die nosie dat liefde moet woed soos ‘n veldbrand, maar dan sku ons weg van die vernietiging wat inherent die gevolg van ‘n veldbrand is. Eers nadat die brand alles vernietig het kry die veld die geleentheid om te heel, eers na alles tot as verbrand is weer die groen spruite van…

  • Die Meisie wat Hardloop

    Jy trek nie eers jou skoene uit nie, nie regtig nie. Hulle bly aan jou voete, jou tassies netjies gepak agter die voordeur en gereed om te gryp sodra jy weer begin om die hitte van jou eie emosies te voel. Jy maak staat op die tydelike vergeet wat jy bekom deur die middele waarop…

  • Onverwags, Onbepland en Onbeskryflik

    Soms is die lewe ‘n vervelige, eentonige herhaling van homself vir so lank dat dit noodsaaklik voorspelbaar raak. ‘n Mens raak so vasgevang in die grys van die ordinêre dat dit onmoontlik raak om te konsidireer dat daar ‘n alternatief is. Werk, slaap, nodige sosiale interaksies, televisie, boeke, blogs, webcomics en eet… Niks verras meer…

  • Hoekom dan nie?

    Die oneindige moontlikhede wat elke dag inhou behoort jou te laat steier. Die ontelbare hoeveelheid ondervindinge wat ek kan ervaar is ontelbaar, asemrowend en ek sit hier en kyk na my Outlook inboks en wag vir nuwe e-pos. Ons lewe, vasgevang in lusse, lewe dieselfde paar dae oor-en-oor en verbeel onsself net ‘n handjie vol…

  • My Prinses

    Ek is al bietjie langer in hierdie wêreld as jy en ek is al dood vir die meerderheid van daardie tyd. Ek het al dinge gesien wat jy jou nie eers kan verbeel nie en dinge gedoen wat ek sal verkies jy nie verbeel nie. Ek het nie presies ‘n reputasie as iemand wat die…