Tag: veldbrande

  • Onverwagse Bedenkinge

    Wanneer mens ‘n sekere ouderdom bereik, min of meer in die area van vyf-en-twintig. blyk dit dat al jou vorige liefdesvertwistinge hulleself tot die huwelik oorgee. Daar bestaan ‘n amper weeklikse stroom bekendstellings in die sosiale rubrieke van plaaslike koerante waar jy die bruid se naam herken en vlugtelik herinner word aan ‘n aand. ‘n…

  • Nuwe Hoop (‘n Alternatiewe slothoofstuk?)

    Dit het my so lank geneem om die waarheid te sien. Die waarheid wat ek so doeltreffend vir myself verskuil het, versteek het agter hindernisse wat ek vir myself geskep het. Ek het uiteindelik gevind wat ek nodig gehad het om die klappe van my oe te verwyder. Om dit waartoe ek myself blind gehou het…

  • Verkragting van die siel

    Verkragting van die siel

    Die absurditeit van die alleenheid, die doellose dwaal van ellende en die valse maskers van verduistering en verwarring om die verbeelde veiand veilig buite bereik te hou het reeds so verstrengeld deel van die self geword dat die verwronge mispersepsies onherroeplik realitiet is. Deur magtelose pogings tot redding, daadwerklik sonder nut of vooruitsig van sukses…

  • Selfverdriet verdien…

    –Ek het oorspronklik hierdie stuk herroep omdat iemand dit versoek het, onlangse ontwikkelinge het my daardie besluit laat heroorweeg, asook om sekere dele te herverwerk om ‘n meer dramatiese effek te bied in die konteks van die gebeurtelikheid wat beskryf word en die daaruitspruitende karakterontwikkeling– Ek stap by die kantoor uit, elke deel van my…

  • Soggens

    Soggens

    –Oorspronklik bedoel as ‘n slothoofstuk, het ek besef dat die karakterontwikkeling wat nodig is om die protagonis af te rond nie kan eindig met die verlange wat ek as mens nie meer voel nie– Vanaand weer, soos elke ander aand sedert ek en Lizbeth terug is van Tanzanië af, spook jy weer in my drome.…

  • Bloed

    Bloed

    Die hartseer realiteit van die lewe waarin ek myself onherroeplik vasgekeer vind, is dit; ek is moeg. Moeg vir almal se kinderlike probleme, die irritasies in hull sinnelose lewens wat hulle op my probeer afwerp. Is dit iets in die ervaring in my oë wat mense gerusstel om met my te deel wat hulle voel en dink en…

  • Die Vlug

    Die Vlug

    Die monotoniese gedreun van die vier Allison T56-A-15 turboprop enjins op die vlerke van die Lockheed C130 Hercules vragvliegtuig verskaf geen afleiding van die koue binne die bykans leë buik van die militêre vliegtuig nie.Die weervoorspelling was toe reg, ek voel hoe die rukwinde die vliegtuig laat stuier en spring, hop en val. Sien die…

  • Opstaantyd

    Opstaantyd

    Die wekker gaan af, weer, soos elke ander oggend, te vroeg… te laat… nie dat dit saakmaak nie, ek het in elk geval nie geslaap nie, net soos elke ander oggend. Ek gryp blindelings na die foon op my bedkassie en stamp die leë whiskey bottel om. Sal vandag nog ‘n bottel moet gaan koop.…

  • Die Keerpunt – ‘n Refleksie

    Die Keerpunt – ‘n Refleksie

    Ek maak die besluit, in daardie oomblik weet ek, hierdie is nie wat ek wil hê nie. So wil ek nie lewe nie, Hilton Neale het eenmaal gesê:  Imagine a world, a world where every breath is pain, because it meant he was living a second longer in a world where she didn’t exist. In…

  • Die Verval Van Hendrina

    Die Verval Van Hendrina

    Hendrina, ‘n vaal, verlate, stofbruin wrak van ‘n myndorpie. Met paaie wat soos switzerse kaas vol gate en krake le. ‘n Dorpie waar selfs die enigste verkeerslig jare terug al opgepak het en elders gegaan het, dalk in protes teen die verval van die plek, die agteruitgang van sy tuisdorp, wie sou weet? Die vervalle…