Ekstrak uit "Ek was Reg"

Ek was reg

Ek was reg, dit was hy, die houvas wat hy steeds op jou siel het ten spyte van hoe sleg hy vir jou is, hoe sleg hy is, breek my hart. Om elf oor agt het jy erken wat ek reeds sedert Donderdag-aand vermoed het, dat die slang weer uit sy gat uitgeseil het om jou te pik.

Soos elke keer wanneer jy net begin kry wat jy verdien, wat jy jou geluk kry. Net soos hy maak met elke ander vrou in sy lewe. Dit is nie genoeg dat hy lieg en bedrieg en verneuk net soos wat hy wil nie, nie genoeg dat jy weet dat hy sleg is vir jou en jou oor-en-oor seergemaak het nie. Nie genoeg dat jy hoeveel keer teruggegaan het na hom toe nie, nee, dit is nie genoeg nie want nou, noudat jy op die rand staan van dit wat jy al vir jare wou gehad het, nog voordat hy in jou lewe ingespring het, daardie een ding wat jy al vir so lank na smag, nou sal hy jou kontak.

Ek wens ek kon vir jou wys wat jy nodig het om te sien, ek wens ek kon al jou seer wegvat en vir jou wys dat daar soveel beter is, dat jy soveel meer verdien, maar ek kan nie tot jy reg is om dit self te sien nie.

Wat ek kan doen, is jou herinner, jou daarop wys dat jy nog altyd soveel beter was as hom, dat jy nie hoef toe te laat dat sy selfsugtige en kwaadwillige aksies enige invloed op jou maak nie want jy is so besonders, onbeskryflik perfek, net soos wat jy is.

Vir wat dit werd is, ek sal altyd hier wees om jou te vang en weer op te tel, om jou vriend te wees wanneer jy ‘n vriend nodig het, jou te adviseer wanneer jy advies benodig, jou beskerm wanneer alles te veel raak en jou liefhê, net soos jy is, vir wie jy is, alles, goed en sleg, want jy, jy is dit werd.

Ekstrak uit "Ek was Reg"


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *