Lank te lank
Jou asem snak, jou bors styg op, 'n traan gly oor jou wang, oor jou lippe speel die glimlag waarmee jy my kon vang.
Jou asem snak, jou bors styg op, 'n traan gly oor jou wang,
oor jou lippe speel die glimlag waarmee jy my kon vang.
Ek voel jou lippe op my vel, jou hart wat blitsig klop,
ek speel en vleg my vingers, deur die hare op jou kop.
O myndorpnooi my meisiekind met lente in jou oë,
as jy vir my toe kon vertel, dan sou ek dit nie glo.
Dat jy vir my en ek vir jou en ons twee eintlik saam,
nog altyd werklik hier wou wees waar ons as een kan staan.
In my arms lê jy stil, waar jy nog altyd hoort,
na jare lange worstel weet ons soort soek altyd soort.
En al het dit lank, te lank gevat, om eind'lik hier te kom,
is ons altwee nou waar ons moes wees, ons lewens opgesom.

Eben van Deventer
I have always been a bit of a tinkerer, playing with new technology and figuring things out as I go. I started my professional career in airfreight and moved on to retail (specifically computer stores). After a brief stint in sales I returned to retail in various managerial roles before moving to corporate IT. I migrated to Industrial Relations and had various roles, including General Manager of a large, national Labour Consultancy Firm. Currently employed in the Coal Mining sector.
No comments yet. Login to start a new discussion Start a new discussion