Trou Belofte

 · 1 min read

Op 8-Februarie 2024 het jy my gevra of ons ons eie vowels gaan gebruik, so hier is myne: a e i o u en soms y.


Ek weet dat baie mense van die opinie is dat ons mal is, maar onthou, dit is die mal mense wat net mal genoeg is om te dink dat hulle die wêreld kan verander en jy, jy het my wêreld verander.


Ek weet dat daar nie baie sekerhede is in baie van ons lewens nie, maar Juantelle, wat ek in jou sien is sekerheid, iets waarin ek glo, 'n standvastige geloof in ons toekoms saam.


Liefde, in al sy forms, is die magtigste wapen wat ons het want liefde is 'n vorm van hoop en, soos hoop, verduur liefde, bly liefde standvastig in die gesig van alles anders.


Ons het liefde gevind in mekaar, ons glo daarin en ons het baklei daarvoor, gewag daarvoor en gewaag daarvoor en noudat ons hierdie huweliksdaad pleeg maak dit ons die helde wat alles gegee het om hier te kan staan.


Ek belowe dus om vir die res van ons lewens jou held te wees, saam met jou mal te wees, te vertrou in jou en te hoop saam met jou, jou lief te hê en te koester en om nooit op te hou om jou te treiter en terg nie.


Eben van Deventer

I have always been a bit of a tinkerer, playing with new technology and figuring things out as I go. I started my professional career in airfreight and moved on to retail (specifically computer stores). After a brief stint in sales I returned to retail in various managerial roles before moving to corporate IT. I migrated to Industrial Relations and had various roles, including General Manager of a large, national Labour Consultancy Firm. Currently employed in the Coal Mining sector.

No comments yet.

Add a comment
Ctrl+Enter to add comment