Whiskey en Heuning

 · 2 min read

So nou en dan reflekteer ek oor die impak wat jy op my lewe gehad het, meer nou as dan, maar minstens verdryf dit tydelik die seer waarheen ek konstant terugkeur, my veilige hawe.


Een van die meer interessante dinge is eintlik nogal skreeusnaaks as jy dit ontleed... Jy het jou liefde vir Whiskey gevind in jou totale verliefdheid op my oor al die jare en so, êrens langs die pad het iemand eens vir jou 'n bottel Jack Daniel's Tennessee Honey gegee om te probeer. Die subtiele kombinasie van soet en bitter wat jy met jou siel kon akkodeeer juis omdat dit 'n refleksie van ons was het by jou gebly en jy het my dit maak probeer op een van daardie aande, in daardie kristal-glas wat nou nog my gunstelling is, maar toe, toe verbaas ek jou...


Jack Daniel's maak 'n oukei Bourbon, maar as jy nou regtig 'n ordentlike een wil hê, so glo ek, soek jy Wild Turkey. Meer subtiel, die soet en die lae van geur en reuk net 'n beter kombinasie, maar selfs meer as dit, Jack Daniel's het hulle Tennessee Honey idee dan juis by Wild Turkey gestee, dir oorspronklike Wild Turkey American Honey, die hoër gehalte weegawe en toe bewys ek dit aan jou.


En nou, nou drink jy dit eerder want jy weet, soos so baie ander dinge, dat ek altyd reg is, reg is maar nooit die regte een nie...


So drink ons maar ons Whiskey en Heuning, die kombinasie wat ons omskryf, soet, en bitter...


Eben van Deventer

I have always been a bit of a tinkerer, playing with new technology and figuring things out as I go. I started my professional career in airfreight and moved on to retail (specifically computer stores). After a brief stint in sales I returned to retail in various managerial roles before moving to corporate IT. I migrated to Industrial Relations and had various roles, including General Manager of a large, national Labour Consultancy Firm. Currently employed in the Coal Mining sector.

No comments yet.

Add a comment
Ctrl+Enter to add comment